Bepalings en Voorwaardes
www.streepsak.co.za (“die webruimte”) stel geregistreerde kopers in staat om inkopies vir items insluitende sakke, voorskote en ander bykomstighede onder die Streepsak-handelsmerk (“die produkte”) aanlyn te doen. Hoewel besoekers aan die webruimte (“gebruikers” of “jy”) en al die produkte wat aangebied word, sal kan sien, sal slegs gebruikers wat aanlyn registreer vir ’n rekening op Streepsak (“Streepsak rekeninghouers” of “jy”) aankope kan doen.
Regtens bindende kontrak
Alle gebruikers en rekeninghouers, insluitend lede en daardie lede wat enige produkte op die webruimte koop (“kopers”) is gebind deur hierdie bepalings en voorwaardes en deur enigsins op die webruimte te registreer of dit te gebruik, erken jy hiermee dat jy hierdie bepalings en voorwaardes gelees en aanvaar het.
Met wie sluit jy die kontrak?
Die webruimte word besit en bedryf deur Streepsak (hierna genoem “Streepsak”).
Produkte en beskikbaarheid
Let asseblief daarop dat voorraad van alle produkte wat aangebied word, beperk is. Streepsak sal alle redelike pogings aanwend om te verseker dat wanneer voorraad nie meer beskikbaar is nie, die spesiale aanbod gestaak word. Indien Streepsak egter nie in staat is om enige bestelling wat jy geplaas het teen die geadverteerde prys uit te voer nie omdat die voorraad uitverkoop is, sal Streepsak jou laat weet en sal jy geregtig wees op ‘n terugbetaling van die rand waarde wat jy vir sodanige produk betaal het, soos in meer besonderhede verduidelik word in Streepsak se Aflewerings- en Terugsendingsbeleid.
Aankoop van produkte
Die webruimte sal jou as lid in staat stel om elektroniese bestellings (“bestelling”) te plaas vir een of meer produkte wat aangebied word, vir solank as wat sodanige produkte beskikbaar is en nie uitverkoop is nie.
‘n Koop-ooreenkoms tussen jou en Streepsak (“koop”) ontstaan slegs as jy ‘n behoorlik voltooide bestelling vir een of meer produkte in jou mandjie (“shopping cart”) elektronies versend EN die betaling óf deur Streepsak gemagtig óf in hul bankrekening ontvang is, onderworpe daaraan dat voorraad van die betrokke produk beskikbaar is.
Produkte op Streepsak kan nie gereserveer word om later te koop nie, en as jy ‘n produk in jou mandjie plaas sonder om die koop te voltooi, sal dit nie neerkom op ‘n bestelling vir, of ‘n aankoop van sodanige produk nie. Gevolglik kan Streepsak enige produk uit jou mandjie verwyder voordat die koop werklik plaasvind indien die produk besig is om uit voorraad te raak, en jy kan Streepsak nie aanspreeklik hou as enige produk nie beskikbaar is wanneer jy die koop in ‘n later stadium probeer voltooi nie.
Die faktuur vir jou aankoop sal aanlyn beskikbaar wees in die “My Rekening” (“My Account”)-gedeelte van die webruimte. ‘n Afskrif van sodanige faktuur sal ook by die produk ingesluit word wanneer dit afgelewer word.
Kansellasie van aankope en Beëindiging van bestellings
Streepsak behou die reg voor, vir die doeleindes van voorkoming van bedrog, om te weier om die verwerking van enige betaling te aanvaar vir enige bestelling, en/of om enige aankoop te kanselleer, gedeeltelik of in geheel, met kennisgewing aan jou. Streepsak sal aanspreeklik wees vir die terugbetaling van die rand waarde slegs indien dit reeds deur jou betaal is ten opsigte van die gekanselleerde gedeelte van die bestelling. (Sien Streepsak se Aflewerings- en Terugsendingsbeleid vir meer inligting.) Jy is daarop geregtig om enige items wat gekoop is terug te ruil soos in die Aflewerings- en Terugsendingsbeleid bepaal.
Bedrog
• Streepsak behou die reg, in die belang van die voorkoming van bedrog, om die verwerking van die betaling van enige aankope te weier en/of ‘n bestelling gedeeltelik of in geheel te kanselleer.
• Streepsak mag kopers versoek om die nodige dokumentasie te voorsien om kredietwaardigheidskontroles te voltooi. Sou dié dokumentasie nie betyds voorsien word nie, mag die bestelling gekanselleer word.
• In die geval dat ‘n oneerlike aankoop op Streepsak gedoen word, sal die kaarthouers aangeraai word om die terugbetaling via hul bank te inisieer. Streepsak verwerk nie terugbetalings vir bestellings wat van bedrog verdink word nie.
• Streepsak verskaf nie bestel-besonderhede wat betrekking het op bestellings wat van bedrog verdink word nie.
Bedrae deur jou betaalbaar
Die prys van elke produk word in die produkgegewens aangedui. In die geval van ‘n uitverkoping of spesiale aanbod word die afslagprys aangedui. In die geval van ‘n uitverkoping word twee pryse langs die gegewens by elke produk op die webruimte aangedui, en wel soos volg:
Koopprys
Die prys wat nie doodgetrek is nie, is die prys wat jy betaal as jy die produk koop van Streepsak. RRP [normale aanbevole kleinhandelprys]: Die ander prys (aangedui deur ‘n doodgetrekte ‘RRP’) is die produkverskaffer se normale aanbevole kleinhandelprys (“RRP”) wat bloot verskaf word as ‘n aanduiding van min of meer hoeveel jy bespaar deur die produk van Streepsak te koop. Die RRP wat aangetoon word, word bepaal op grond van die mark- en ander verskafferspryse.
Let egter daarop dat RRP’s kan verander in die loop van verskeie seisoene waarin die betrokke produk verkoop word. Die RRP’s wat van toepassing is ten tyde van die bekendstelling van die produk, kan dus verskil van die verskaffer se aanbevole kleinhandelprys ten tyde van jou aankoop daarvan en as sodanig gee Streepsak geen waarborge hoegenaamd rakende die akkuraatheid van enige RRP’s wat aangedui word nie.
Foute
Streepsak sal alle redelike pogings aanwend om kooppryse en afleweringskoste akkuraat aan te dui. As produkte egter foutief aangebied word teen die verkeerde prys en/of afleweringskoste, sal Streepsak nie verplig wees om produkte teen dié verkeerde pryse en/ of afleweringskoste te verkoop nie en sal slegs aanspreeklik wees vir die terugbetaling van reeds betaalde gelde, d.w.s. as jy verkies om nie met die koop voort te gaan teen die korrekte prys en/of afleweringskoste nie.
Betalingsmetode
Jy kan kan ’n elektroniese oorplasing (EFT) maak. Maak seker dat jy jou bestellingsnommer as verwysingskode gebruik wanneer jy ’n elektroniese oorplasing maak. Nadat jy jou bestelling geplaas het, moet jy jou betaling binne 24 uur maak. Sodra ons die fondse ontvang, begin ons om jou bestelling te verwerk. Hierdie deel kan van 1 tot 3 dae neem, afhangende van jou bank.
Afleweingskoste
Kan jy dit asb verander na die volgende (en kan dit automaties so uitgewerk word as die customers will “uit check” / betaal):
Bestellings onder R500:
Opsie een:
- Posgeld (neem 4-12 dae na jou naaste poskantoor): R45 per pakkie;
Opsie twee:
- Koerier (neem 2-3 dae tot by jou deur): R70 per pakkie.
Bestellings tussen R400 tot R999:
Opsie een:
- Gratis aflewering tot by nou naaste poskantoor (4-12 dae);
Opsie twee:
- Koerier (neem 2-3 dae tot by jou deur): R45 per pakkie;
Bestellings bo R1000:
- Gratis koerier to by jou deur.
Hierdie pryse geld slegs vir aflewering in SA. Vir internationale bestellings, kontak info@streepsak.co.za vir ‘n kwotasie.
Aflewering
Die verwerkingstydperk van bestellings tot versendingstyd neem tot 8 werksdae.
Plek van aflewering
Sou jy nie tevrede wees met jou aankope nie as gevolg van ‘n fout, verkeerde produkkeuse of enigiets anders, moet jy dit binne 30 dae van aflewering teen geen koste terugstuur mits jy in Suid-Afrika bly. Jy sal dan óf ‘n terugbetaling óf krediet op jou Streepsak -rekening ontvang, of die produk sal vervang of herstel word, afhangend van die situasie.
Produkte sal afgelewer word by die afleweringsadres wat jy in die bestellingsproses spesifiseer. Indien niemand by die adres is wanneer die aflewering gedoen word nie (met deur-tot-deur-aflewering), sal ons koerier op die tweede probeerslag die selnommer skakel wat jy in die betrokke bestelling verskaf het en/of ‘n kennisgewing in die posbus (indien dit ’n huisadres is) laat om te wys dat die koerier ‘n aflewering probeer maak het.
Ons koerier sal daarna nog een keer probeer om ‘n aflewering te maak, maar indien daar weer niemand tuis is nie, sal dit jou verantwoordelikheid wees om Streepsak se klantedienslyn by +27(0)41 484 6215 te bel om aflewering te reël. As jy die Streepsak -klantedienslyn nie binne vyf dae nadat die koerier vir die twee keer probeer het om jou pakkie af te lewer kontak nie, sal die koeriers die pakkie terugstuur na Streepsak, wat jou per e-pos sal kontak om ‘n moontlike heraflewering op jou eie koste te reël. Indien hierdie poging nie binne ‘n redelike tydperk slaag nie, sal Streepsak eenvoudig jou geld terugbetaal.
Afleweringstyd en vertragings
Tensy ons jou anders laat weet voordat jy die bestelling geplaas het en voor die finale bevestiging daarvan, is die geraamde maksimum-afleweringstyd vir ‘n bestelling binne Suid-Afrika ses dae by ‘n woonadres of jou naaste poskantoor, d.w.s. geen aflewering sal plaasvind by ‘n posbusnommer (huis of werk) nie. Alle Streepsak -aflewerings neem plaas gedurende besigheidsure. D.w.s. naweke en openbare vakansiedae word uitgesluit. Hou dit asb. in gedagte wanneer jy jou afleweringsadres intik.
Foutiewe produkte, terugbetalings en terugsendings
Indien jy weens ‘n defek, verkeerde produkkeuse of andersins ontevrede is met enige van jou aankope, kan jy dit gratis terugstuur na Streepsak binne 30 dae na aflewering en óf krediet op jou Streepsak -rekening óf ‘n terugbetaling ontvang, óf die produk laat herstel of vervang, na gelang van die geval. DieAflewerings- en Terugsendingsbeleid bepaal jou regte in hierdie verband.
Verkooprekords
‘n Volledige rekord van elke aankoop en verwante transaksie tussen jou en Streepsak sal op die webruimte behou word vir ‘n tydperk van 12 maande ná die datum van sodanige aankoop of verwante transaksie. Jy kan sodanige rekord gedurende die 12 maande-tydperk besigtig en druk, waarna jy verantwoordelik sal wees vir die bewaring van jou eie rekord van die betrokke aankoop of verwante transaksie.
Koopbewyse en koepons
Streepsak mag van tyd tot tyd gedrukte promosiebewyse/koepons (“koepons”) beskikbaar stel. Promosiekoepons kan beskikbaar wees deur die webruimte en/of derde party-webruimtes, in tydskrifte en/of ander media.
Algemeen
Bewyse en koepons kan op die webruimte aangewend word vir die aankoop van produkte wat op die webruimte aangedui word slegs indien die aankoop waarvoor die koepon gebruik word strook met die bepalings en voorwaardes van die koepon.
Promosiekoepons
Promosiekoepons word volgens Streepsak se diskresie uitgereik. Gebruikers het nie die reg op promosiekoepons nie en dit kan nie verdien word nie. Promosiekoepons word uitgereik op spesifieke bepalings en voorwaardes wat reguleer hoe en wanneer dit gebruik mag word.
In die reël, tensy anders gespesifiseer op die koepon self: ’n koepon is slegs vir 30 dae nadat dit uitgereik is geldig. Die waarde van die koepon sal slegs verreken word teen die waarde van jou inkopiemandjie indien dit strook met die bepalings en voorwaardes soos uiteengesit op die koepon.
’n Koepon kan slegs een keer gebruik word en slegs een koepon kan per inkopiemandjie gebruik word. Koepons is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant omgeruil word nie. Die afgemerkte waarde van die koepon sal van die totale bedrag van jou mandjie afgetrek word. Die oorblywende balans, indien enige, sal deur jou betaalbaar wees.
Promosiekoepons kan nie:
• Gebruik word om ander koepons of bewyse te koop nie
• Vir kontant omgeruil word nie; of
• Aan enige ander persoon oorgedra of toegewys word nie
• Na die vervaldatum van 30 dae na die uitreikingsdatum gebruik word nie
• Saam met enige ander promosie, insluitend met items op uitverkoping (wat reeds afgemerk is) of op spesiale aanbod gebruik word nie
Sekuriteit
Enige iemand wat probeer om skadelike sagteware of kodering op hierdie webruimte te laai, of wat probeer om ongemagtigde toegang to enige blad op hierdie webruimte te verkry, sal vervolg word. Streepsak sal ’n siviele eis teen so ’n persoon maak indien Streepsak enige skade of verlies beloop.
Jy stem in en waarborg dat die gebruikernaam en wagwoord wat jy gebruik om aan te meld slegs vir jou persoonlike gebruik is en dat dit nie aan ’n derde party gestuur word nie. Jy gee toestemming dat Streepsak al die nodige stappe moontlik neem om die integriteit en sekuriteit van die webruimte en in die administratiewe kantoor te verseker. Alle kredietkaart-transaksies op die webuitste word beskerm deur SLL (Secure Socket Layer) -enkripsie en versterk deur verskeie enkripsie-prosesse met die doel om die mees effektiewe beskerming van enige sensitiewe inligting rakende jou betaalmetode te bied.
Streepsak het nie toegang tot vertroulike inligting in verband met jou betaling nie. Slegs Streepsak se bank-vennote sal af en toe toegang tot vertroulike inligting hê (soos jou kredietkaarnommer, verval datum, CVV, ens.) Spree se registrasie-dokumente en die gerigistreerde domeinnaam is geverifieer en onderskryf deur Thawte.
Vrywaring
Behalwe Verbruikersbeskerming Wet 68 van 2008 (“CPA”) met betrekking tot enige produkte wat deur Streepsak op die webruimte aan jou verkoop word; en artikels 43(5) en 43(6) van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies indien Streepsak se betalingstelsels nie voldoende sekuriteit bied nie, is nóg Streepsak nóg enige van sy agente of verteenwoordigers verantwoordelik vir enige skade, verlies of aanSpreeklikheid van welke aard ook al, wat voortspruit uit die gebruik van, of onvermoë om hierdie webruimte of die dienste of inhoud te gebruik wat vanaf en deur hierdie webruimte verskaf word.
Verder verleen Streepsak geen voorstelling of waarborg, geïmpliseer of andersins, dat onder meer die inhoud en tegnologie beskikbaar by hierdie webruimte, vry is van foute of weglatings, of dat die diens 100% ononderbroke en foutloos sal wees nie. Ons moedig jou aan om enige moontlike wanfunksies en foute per e-pos (linus@streepsak.co.za) te rapporteer, of skakel die inbelsentrum by +27(0)41 484 6215 (Maandae tot Vrydae, 08:00 tot 17: 00). Streepsak teenoor jou aanspreeklik is ingevolge: die Wet op versoenbaar is met jou hardeware (apparatuur) en/of sagteware (programmatuur).
Inligting, idees en menings wat op hierdie webruimte uitgedruk word, behoort nie as professionele advies of as die amptelike standpunt van Streepsak gehou te word nie en ons moedig jou aan om professionele advies in te win voordat jy enige optrede volg met betrekking tot inligting, idees of menings wat op hierdie webruimte uitgespreek word.
Toepaslike wetgewing en jurisdiksie
Hierdie webruimte word aangebied, beheer en bedryf uit die Republiek van Suid-Afrika en word derhalwe deur Suid-Afrikaanse wetgewing oorheers en is onderworpe aan die “Geskil”-klousule in hierdie bepalings en voorwaardes. Jy en Streepsak is onderworpe aan die nie-eksklusiewe jurisdiksie van die Suid-Afrikaanse howe. Ieder en elke bepaling van hierdie bepalings en voorwaardes moet geag word as afsonderlik en skeibaar van die oorblywende bepalings van hierdie bepalings en voorwaardes en indien daar deur enige hof of bevoegde jurisdiksie bevind word dat van die bepalings ongeldig en/of nie-afdwingbaar is, sal die oorblywende bepalings van hierdie bepalings en voorwaardes ondanks sodanige ongeldigheid en/of nie-afdwingbaarheid, steeds ten volle van krag wees en bly.
Privaatheid
Streepsak moet alle redelike stappe neem om jou persoonlike inligting te beskerm. Vir die doeleindes van hierdie klousule, word “persoonlike inligting” omskryf volgens die besonderhede in die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, Wet 2 van 2000 (PAIA). Streepsak mag die volgende van jou persoonlike inligting elektronies inwin, bewaar en gebruik:
Naam en van
Geboortedatum
Geslag
Landsburgerskap
Naaste stad;
Nie-persoonlike klikpatrone
E-posadres
IP-adres; en
ID-nommer/paspoortnommer
Streepsak mag die bogemelde inligting inwin, bewaar en gebruik vir die volgende doeleindes:
• om jou te groet wanneer jy toegang verkry tot die webruimte
• onderworpe aan jou toestemming, om jou in te lig oor feite met betrekking tot jou toegang tot en gebruik van die webruimte
• onderworpe aan jou toestemming, om jou in te lig oor wedstryde en spesiale aanbiedinge van Streepsak en/of sy vennote/geaffilieerdes
• om nie-persoonlike statistiese inligting oor netgewoontes, klikpatrone en toegang tot die webruimte op te stel
• om jou identiteit te verifieer wanneer jy ‘n transaksie met Streepsak doen; en
• om te verseker dat die produkte deur die geadresseerde ontvang word.
• Die bogemelde inligting word óf elektronies ingewin deur gebruik van “cookies” of word vrywilliglik deur jou verskaf. Jy kan die gebruik van “cookies” onafhanklik bepaal deur jou eie soekenjin-instellings..
• Jy kan kies om geen kommunikasie te ontvang van Streepsak en/of sy vennote/geaffilieerdes nie.
• Vir herbemarkingsdoeleindes.
Streepsak mag enige inligting wat van jou ingewin is, inwin, bewaar, saamstel en deel, onderworpe aan die volgende bepalings: Streepsak mag geen van jou persoonlike inligting openbaar maak tensy jy daartoe instem nie, of tensy dit vir die doeleindes van enige regsproses nodig is nie. Streepsak mag enige inligting wat nie op enige spesifieke individu betrekking het nie, saamstel, gebruik en deel; en Streepsak besit en behou alle regte tot nie-persoonlike statistiese inligting wat deur Streepsak ingewin en saamgestel is.
Jy erken en stem in dat sekere persoonlike inligting (soos jou volle naam, afleweringsadres, e- posadres, en kontaknommer) aan die koeriermaatskappy/e openbaar gemaak mag word om die aflewering van produkte wat deur jou aangekoop is, moontlik te maak.
Veranderinge aan bepalings en voorwaardes
Streepsak mag, volgens hul eie diskresie, hierdie bepalings en voorwaardes of enige deel daarvan verander. Indien jy ‘n geregistreerde rekeninghouer is, sal Streepsak jou van enige sodanige veranderinge in kennis stel per e-pos by die e-posadres wat Streepsak vir jou op rekord het. Jy sal dan verantwoordelik wees om die hersiene bepalings en voorwaardes te lees en seker te maak dat jy daarmee tevrede is en indien jy nie tevrede is nie, is jy daarop geregtig om jou registrasie by Streepsak te beëindig.
Indien jy NIE ‘n geregistreerde lid is nie, sal Streepsak nie in staat wees om jou te laat weet van enige veranderinge aan hierdie bepalings en voorwaardes nie en sal dit jou verantwoordelikheid wees om die webruimte te besoek om te kyk of die bepalings en voorwaardes gewysig is en om te verseker dat jy tevrede is met die wysigings. Indien jy nie tevrede is met die wysigings nie, moet jy jou daarvan weerhou om die webruimte op enige wyse te gebruik.
Geskille
Behoudens dringende of tussentydse regshulp wat toegestaan mag word deur ‘n bevoegde hof, in die geval van enige geskil van welke aard wat ook al wat tussen jou en Streepsak mag ontstaan oor enige aangeleentheid waarvoor voorsiening gemaak word in, of wat ontstaan uit hierdie bepalings en voorwaardes, en wat nie deur die Kliënteverhoudinge-afdeling van Streepsak opgelos kan word nie, kan sodanige geskil vir vertroulike arbitrasie voorgelê word ingevolge die reëls uitgevaardig deur die Arbitrasiestigting van Suid-Afrika. Die reëls vir die bespoediging van arbitrasie kan afgelaai hier word.
Adres vir betekening van kennisgewings
Streepsak kies as sy adres vir alle doeleindes ingevolge hierdie bepalings en voorwaardes, hetsy ten opsigte van hofprosesse, betekening of ander kommunikasiedokumente van welke aard ook al, die volgende adres:
39 Greenstraat
Noord-Einde
Port Elizabeth
6001
Tel: +27(0)41 484 6215
Met ‘n elektroniese afskrif aan linus@streepsak.co.za (welke afskrif ook afgelewer moet word sodat geldige betekening kan geskied).
Bepalings en beëindiging
Hierdie bepalings en voorwaardes neem ‘n aanvang van die datum waarop dit op die webruimte gepubliseer word en duur onbepaald voort, soos van tyd tot tyd deur Streepsak gewysig (soos hierbo uiteengesit), vir so lank as wat die webruimte bestaan en bedryf word, en Streepsak is daarop geregtig om hierdie bepalings en voorwaardes te beëindig en/of die webruimte te eniger tyd te sluit, onderworpe daaraan dat enige aankope wat dan reeds gemaak is, verwerk sal word.
Indien jy versuim om jou verpligtinge ingevolge hierdie bepalings en voorwaardes na te kom, insluitend enige insident rakende die betaling van die prys van ‘n bestelling, en jy versuim om sodanige nie-nakoming reg te stel binne 5 werkdae nadat Streepsak jou in kennis gestel het om dit te doen, kan dit (volgens die eie diskresie van Streepsak) aanleiding gee tot opskorting van jou toegang tot die diens, of selfs die sluiting van jou rekening en toegang tot die webruimte, na gelang van die graad van erns van die betrokke optrede, sonder benadeling van enige skadevergoeding waarop Streepsak mag aandring.
Kopiereg en ander intellektuele eiendom
Enige en alle kopiereg met betrekking tot die webruimte, insluitend hierdie bepalings en voorwaardes, berus by Streepsak [en vennote] en alle regte wat nie uitdruklik toegestaan word nie, word voorbehou. Jy mag inhoud van hierdie webruimte slegs vir private en nie-kommersiële doeleindes aflaai, besigtig en druk.
Om toestemming te verkry vir die kommersiële gebruik van enige inhoud van hierdie webruimte, stuur asseblief ‘n e-pos aan ons by linus@streepsak.co.za of bel die klantedienslyn by +27(0)41 484 6215.
Streepsak kan nie al die inhoud wat op die webruimte beskikbaar is keur of redigeer nie en aanvaar geen aanspreeklikheid vir onwettige, lasterlike of onwelvoeglike inhoud nie. Ons raai jou dus aan om Streepsak in te lig oor enige aanstootlike of onwettige materiaal. Al die inhoud, handelsmerke en data op hierdie webruimte, insluitend, maar nie beperk nie, tot sagteware, databasisse, teks, grafika, ikone, skakels, private inligting, ontwerpe en ooreenkomste, is die eiendom van, of gelisensieer deur Streepsak en word as sodanig teen skending beskerm deur plaaslike en internasionale wetgewing en ooreenkomste.
Skakels, ‘Framing’ , ‘Spiders’ en ‘Crawlers’
Geen persoon, besigheid, of webruimte mag gekoppel word aan enige blad op hierdie webruimte sonder om vooraf skriftelike toestemming van Streepsak te verkry nie. Sodanige toestemming kan verkry word deur e-pos aan ons te stuur na linus@streepsak.co.za of deur die klantedienslyn te skakel by +27(0)41 484 6215.
Skakels wat op hierdie webruimte verskaf word aan nie- Streepsak -webruimtes, word voetstoots verskaf en Streepsak sal nie noodwendig saamstem met die inhoud van sodanige webblaaie, of kan dit nie redigeer of onderskryf nie.
Geen persoon, besigheid of webruimte mag hierdie webruimte of enige van die blaaie op hierdie webruimte raam (‘frame’) nie, op watter wyse ook al. Geen persoon, besigheid of webruimte mag enige tegnologie gebruik om enige inligting van hierdie webruimte te soek of in te win sonder om vooraf skriftelik toestemming van Streepsak te kry nie. Sodanige toestemming kan verkry word deur e-pos te stuur na linus@streepsak.co.za of deur die klantedienslyn te skakel by +27(0)41 484 6215.